Ons leuse
Uit gemeentes, vir gemeentes, na die gemeenskap — tot eer van God.
Die sinode – dis ons almal saam: meer as 100 gemeentes in 14 ringe oor die Oos-Rand, Johannesburg en die Mpumalanga-Hoëveld. Saam groei ons, rus ons mekaar toe en dra ons mekaar as kerkverband.

Sinodesitting 2026 · 25–28 Oktober · Weesgerus, Modimolle
Saam op pad: kyk, luister, getuig
Saam met die Emmaus-gangers in Lukas 24 gaan ons op pad. Vind die werkskema, voorbereiding en gebed, die portefeuljes se video’s en al die praktiese inligting op een plek.
Sinode 2026 · Voorbereiding
Kyk voor die sinode
Elke portefeulje het ’n kort voorbereidingsvideo vir sinodegangers. Kyk dit gerus voor die sitting op 25–28 Oktober.
Sinode 2026Sinode 2026: Gemeenskapsbetrokkenheid en Diensgetuienis | Ds. Schalk van Heerden
Sinode 2026Sinode 2026: Predikantetoerusting en versorging | Ds. Etienne Pheiffer
Sinode 2026Sinode 2026: Kerkverband en Ekumene | Ds. Michelle van Tonder
Sinode 2026Sinode 2026: Jeug - en Gesinsbediening | Ds. Vanessa BouwerOp pad na Sinode 2026
Vier jaar se reis — nou saam onderskei waarheen God ons roep.
Sinode 2026 begin nie van voor af nie. Dit bou op wat sedert 2022 in gemeentes, ringe en die sinode gebeur het, en kyk vorentoe na die volgende seisoen.
- 2022Sinode "Ons Stories"Tafelgesprekke oor hoe die sinode gemeentes kan help. Sewe temas word onderskei.
- 2023–2024Gesprekke en implementeringPortefeuljes begin werk: toerusting, retreats, die 10 Gesprekke van Hoop.
- Februarie 2025Drie prioriteiteGemeentebegeleiding, Kommunikasie en die Mobilisering van Ringe.
- 2025–2026Padberade en ringeRinge word gemobiliseer; kerkraadtoerusting word geloods. ’n Ontwerpspan berei die sinode voor.
- Oktober 2026Sinode by WeesgerusSaam onderskei oor die volgende seisoen — verhouding, onderskeiding en beweging.
Saam teenwoordig
Die sinode vergader by Weesgerus, weg van die gewone ritme, sodat afgevaardigdes tyd het om mekaar te leer ken. Die saamwees is self deel van die ontwerp — daarom is dit nie ’n hibriede sinode nie.
Visionering eerder as verslaggewing
Verslae dien as grond vir gesprek, nie as die hoofsaak nie. Die fokus is op wat ons geleer het en wat die volgende seisoen van gemeentes en ringe vra.
Gesprek, spiritualiteit en goeie besluite
Tafelgesprekke, geestelike onderskeiding en toerusting dra die program — sodat ons van bespreking na gesamentlike beweging kan gaan.
Vrae wat ons saamneem na die sinode
- Wat het ons sedert 2022 geleer?
- Waar het ons beweging gesien?
- Wat sien ons nou anders?
- Waartoe roep God ons in die volgende seisoen?
Vir kerkrade, leraars en kerkkantore
Vinnige toegang
Portefeulje: Lidmaat- en Leierstoerusting · Natalia Strydom
Kerkraadtoerusting
Elke gemeente het dienende leiers — ouderlinge en diakens wat onderskei hoe die Here hulle wil gebruik. Hierdie videoreeks rus kerkrade toe vir hul unieke roeping. Kyk dit saam as kerkraad by ’n vergadering of retreat.
Sinode-strategie
Minder burokraties. Nader aan gemeentes.
Ná die tafelgesprekke van die 2022-sinode ("Ons Stories") het die SDK sewe temas onderskei. Teen Februarie 2025 is dié werk saamgetrek in drie strategiese prioriteite, waaraan portefeuljes saam met ringe en gemeentes werk.
KommunikasieToerustingSamewerkingBegeleidingLidmaatbetrokkenheidGemeenskapsbetrokkenheidEienaarskap
- GemeentebegeleidingGemeentes begelei, bemagtig en bystaan in die toerusting van lidmate, leiers en predikante.
- KommunikasieKommunikasie tussen gemeentes en die kerkverband versterk.
- Die mobilisering van RingeRingstrukture binne die sinodale gebied meer effektief laat funksioneer.
Ons werk · 2026
Portefeuljes van die sinode
Gemeenskapsbetrokkenheid
10 Gesprekke van Hoop
Kort, praktiese gesprekke oor hoe gemeentes hoop in hul gemeenskappe kan bring — van vroeë kinderontwikkeling tot bediening aan haweloses.
Leraarversorging
Ondersteuning vir predikante en hul gesinne
Retreats, predikanteberaad en ’n vertroulike gesprek wanneer dit nodig is. Alle navrae word vertroulik hanteer.
Kalender
- 25OktSinodesitting 2026
25–28 Oktober 2026 · Weesgerus
Ons vennote
Saam in diens
Die sinode werk saam met die Algemene Sinode en met organisasies wat predikante versorg, gemeentes en studente ondersteun en hoop in ons gemeenskappe bring.
KerkverbandAlgemene Sinodengkerk.org.za ↗
Konferensie-oordAchterberghachterbergh.co.za ↗
PredikanteversorgingExcelsusexcelsus.org ↗
GeloofsvormingSentrum vir Geloofsvorminggeloofsvorming.co.za ↗
StudentebedieningEkhayaekhayachurch.co.za ↗
DiensgetuienisTutelatutela.org.za ↗
DiensgetuienisMESmes.org.za ↗Pro EkklesiaBarmhartigheidPro Ekklesia
OnderwysTransoranje Skool vir Dowestransoranjeschool.co.za ↗Effata-vir-DowesBediening aan DowesEffata-vir-Dowes
EkumeneBybelgenootskap van Suid-Afrikabiblesociety.co.za ↗Nuttige kontakte
Ons streeksinodes: Wes-KaaplandOos-KaaplandNoord-KaaplandKwaZulu-NatalVrystaatGoudlandNoordelike SinodeOostelike Sinode






