LiG November 2019

2019.11

Beste gemeenteleier,

LiG se November-uitgawe is vandag beskikbaar. Deel gerus die inspirerende inhoud met jou gemeente op jul gemeente-afkondigings.

Onthou ook dat ons elke maand uitgewerkte selgroepvrae het wat julle in kleingroepe kan gebruik. Kliek hier om dit te kry

In hierdie maand se LiG:

In LiG se November-uitgawe vertel Rolene Strauss dat sy weer swanger is, en dat sy glo God het haar gemaak net soos Hy wil hê sy moet wees. Ons gaan kuier by illustreerder Piet Grobler in Portugal, en kry ‘n kykie in die dag van die lewe van veelsydige Johrné van Huyssteen.

Ons gesels ook met 'n pa wat aan sy gestremde dogter vryheid gee nadat hy vir haar ‘n loopraam gemaak het.

LiG skryf hoe jy die seer van onreg kan verwerk, en gee tien wenke om terug te bons as die lewe jou platslaan. Ons kundiges gee raad as jy in die skadu van 'n narsis leef.

Vir ouers gee ons gee prettige wenke om jou kind van kleure te leer. En ons gee ook raad oor hoe jy jou kind selfvertroue kan leer.

Kom ontdek saam met ons dat die Bybel 'n belofteboek is.

Teken in as gemeente en spaar! Gesels met Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

LiG Augustus 2019

In LiG se Augustus-uitgawe … 

sprankel Rina Hugo, en haar twee kinders, Anri en Riaan, op die voorblad. Rina het pas haar 70ste verjaarsdag gevier.

Die krieketskeidsregter, Marais Erasmus, gesels met ons – sy gesin wen elke keer die loot. En plattelandse vroue vertel hoe hul drome anderkant die dorpsgrense vlerke kry. Lees ook die 10 vat-dit-rustig-wenke om die platteland tot in jou huis te bring.

Ons ondersoek die effek van emigrasie op dié wat agterbly.

Stephan Joubert help ons om “laat u koninkryk kom ...” beter te verstaan. Ons skryf ook oor die vroue in Jesus se lewe.

Leer jou kind speel-speel van woorde, en gee vir hom ‘n lewenslange voorsprong. Kry ook raad vir jou huwelik – as jou salaris groter as jou man s’n is.

LiG – vol inspirasie wat jou geloof verdiep, en jou lewe verryk.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.08

LiG Julie 2019

In LiG se Julie-uitgawe lees ons … 

waar Andriëtte deel hoe sy haar roeping met vreugde uitleef, nadat sy amper haar stem kwyt was.

‘n Enkelma vertel hoe sy ander bemagtig – eers emosioneel, dan finansieel.

Oom Karoolus en Lente bring Jesus-hoop reeds vir 30 jaar. LiG ondersoek ook die waarde van poppekas in kinderbediening.

Help jou kind só as stres hom onderkry.

Kom saam op ‘n geloofsafari, en leer lesse uit die diereryk. Lees meer oor meelewingsuitputting.

Kry raad as jy uitvind dat jou vriendin ‘n affair het.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.07

LiG Junie 2019

In ons Junie-uitgawe vier ons Pinkster, en vra: 

“Wie is Hy, hierdie Heilige Gees?” Ons verwonder ons oor die genade van sondebelydenis. En skryf ‘n spesiale brief aan jong pa’s. Ons gee ook blink idees om jou pa met Vadersdag te bederf (selfs al het jy min tyd!).

LiG gesels met Albert en Viljé Maritz oor die seën van pa-en-seun-wees. Ons nooi drie skrywers vir tee – Maretha Maartens, Lizette Murray en Elsa Winckler deel hul wysheid. ‘n Skrywer wie se hekelwoorde help heelmaak deel ook haar storie.

Ons voorbladnooi Leah inspireer ons met haar deursettingsvermoë en hardwerkendheid.

Vir sommiges is dit hul geloofspad op hul lyf – ons gesels met mense wat tatoeëermerke laat aanbring.

Kry ‘n heerlike resep vir wintersop. En ‘n maklike patroon om ‘n nuwe blaadjie vir ‘n ou baadjie aan te trek.

LiG – propvol goeie raad en praktiese wenke.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.06

LiG Mei 2019

In LiG se Mei-uitgawe vind ons uit wat die waarde van samesyn is. 

Ons gesels met ds Rudi Swanepoel oor die teologie van eet en kos. En gee raad oor hoe om saamwees wat saak maak te skep.

Die kreatiewe Susan Coetzer vertel dat ouma-wees soos poeding is. Min Shaw deel haar geheim vir ouer word: God se blydskap en vrede.

Dis hemelvaart, en ons ontdek hoe Jesus alles kom verander het.

Ons help jou om uit jou donker put te kom, en gee raad oor hoe om vir jou kind vriendskapvaardighede aan te leer. Lees ook ons wenke oor hoe om uit te reik na eensames.

Ons kenners gee raad om die tekens van outisme raak te sien.

LiG gesels met ‘n musiekjuffrou wat met haar toonlere na triomf gevorder het. Ons praat ook met Ontbytsake se Renette Vosloo – sy waag met kos én met die lewe!

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.05

LiG April 2019

In LiG se April-uitgawe lees ons … 

hoe Lindie Strydom ons inspireer met haar lewensblyheid en deursettingsvermoë. Ons gesels met Reynardt Hugo van Binnelanders wie se lewe ‘n totaal nuwe rigting ingeslaan het.

Gewone mense vertel hul besielende stories: Eens oorgewig en moedeloos, nou inspireer sy draf-draf. En ‘n 19-jarige vertel hoe sy arm kinders leer droom.

Ons gee raad as jou maat aan dobbel verslaaf is. En as ‘n groot geheim dreig om jou huwelik te verwoes.

Kry raad oor beroepsvoorligting, en hoe om dit te hanteer as jou kind foute maak.

Kom vier ook saam met ons Paasfees, God se goedheid en vryheid!

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.04

LiG Maart 2019

In LiG se Maart-uitgawe leef ons ongekunsteld. 

Ons dink aan Jesus se laaste dae op aarde. En stap saam op sy lydensweg.

Ons gee raad oor hoe om kinders eenvoudig groot te maak, en gesels met kenners oor die voordele van kaalvoet loop.

Lees hoe om jou eie lewe te vereenvoudig en te laat gaan … En kry raad vir daardie emosionele eet-buie.

‘n Paartjie vertel oor die lewe ná hulle huis afgebrand het. En Marinda Engelbrecht inspireer ons met haar Weskus-hartlikheid en lewenswysheid.

Christia Visser, ons voorbladnooi, gesels haar hart uit.

Die Maart-uitgawe is van 11 Februarie in winkels te koop.

LiG – vir jou en jou mense

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.03

LiG Februarie 2019

In die Februarie-uitgawe van LiG is ons passievol! 

Ons gesels met Nadia Beukes oor ma-wees – sy sê dit is haar lekkerste rol nóg!

‘n Gesin wat die evangelie aanlyn verkondig, vertel hoe saamwerk die beste werk.

En Elsabe Aldrich inspireer ons met haar pretpraatjies.

Ons gee planne vir huisgodsdiens, en gesels met kundiges oor die gevare as ouers te veel van hul kinders op sosiale media deel.

Lees ook wat die verskil tussen ware geloof en leë godsdiens is. En hoe lief Jesus vir sy bruid, die kerk is.

Daar is ook oulike planne vir kosmaak, mooimaak en stil raak.

LiG – vir jou en jou mense

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.02